The Shining (film)

The Shining se bemarkingsplakkaat.
The Shining se bemarkingsplakkaat.


The Shining is 'n 1980- gruwelfilm wat vervaardig en geregisseer is deur Stanley Kubrick. In die rolverdeling is Jack Nicholson, Danny Lloyd, Shelley Duvall en Scatman Crothers. Dit is gebaseer op Stephen King se gelyknamige roman uit 1977 en die draaiboek is deur Stanley Kubrick, saam met die romanskrywer Diane Johnson, geskryf.

Nicholson speel Jack Torrance, 'n skrywer en herstellende alkoholis wat 'n nuwe pos as die winter afseisoen opsigter van die Overlook Hotel aanvaar. Lloyd speel sy jong seun Danny, wat heldersienende vermoëns het, "the shining", waarvan hy by hoofsjef Dick Hallorann (Crothers) leer. Danny se denkbeeldige vriend, Tony, waarsku hom dat die hotel spook voordat 'n sneeustorm die gesin in die Colorado Rockies vaskeer. Jack se geestestoestand verswak mettertyd onder die invloed van die hotel en sy inwoners. Dit maak dat Danny en sy ma, Wendy (Duvall), in lewensgevaar kom.

The Shining word dikwels geprys as een van die beste gruwelfilms ooit, en dit is in 2018 deur die Library of Congress gekies om opgeneem te word in die Verenigde State se Nasionale Filmregister as "kultureel, histories of esteties betekenisvol". ’n Opvolg getiteld Doctor Sleep gebaseer op King se 2013-roman met dieselfde naam is in 2019 vrygestel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search